)

Eendjie-beker Minitennis toernooi – Primêre Meisieskool Oranje

Eendjie-beker Minitennis toernooi. ’n Oranje Eerste! 🎾

Op Maandag, 29 September het Primêre Meisieskool Oranje geskiedenis gemaak met hul heel eerste Eendjie-beker Minitennis Toernooi! ’n Opwindende dag vol sportgees en glimlagte het aangebreek toe 21 graad 3 spelers van Oranje en 12 spelers van Grey Kollege mekaar op die baan ontmoet.

Die spelers het in spanne van vier teen mekaar meegeding, met elkeen wat sewe wedstryde moes speel — ’n ware toets van uithouvermoë en spanwerk.

Oranje se wenspan van die dag — en die eerste kampioene van die Eendjie-beker — is met trots gekroon: Catie Botha, Lené Janse van Vuuren, Niéke en Mari du Plessis! 🏆

“’n Spesiale dankie aan die graad 7 tennisdogters wat met toewyding die telling gehou het vir ons jong eende en hul Grey-maats. Julle het die dag glad laat verloop!”

Die algemene gevoel onder deelnemers en toeskouers? Hierdie toernooi móét ’n jaarlikse instelling word! Soos met alle eerstes is daar lesse geleer, maar ook ’n duidelike blik op die potensiaal vir groei en ontwikkeling in die toekoms.

🔶 Oranje bly altyd vooruit!

Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal