Vrystaat Fast Five Kampioenskappe. Fichies se Simba’s brul!
Hoërskool Fichardtpark se o.15 Simba-netbalspan het hul staal gewys tydens die Vrystaat Fast Five Kampioenskappe – en hoe!
Met vasberadenheid, spanwerk en ’n klomp flair het die meisies die toernooi aangepak en puik resultate behaal:
🔹 FHP teen Welkom Gimnasium – Wen 21–16 🔹 FHP teen Witteberg – Verloor 19–28 🔹 FHP teen Wilgerivier – Wen 31–25 🔹 FHP teen Goudveld – Wen 34–16
Semi-finaal: 🔸 FHP teen Oranje – Verloor 29–37
Finale vir 3de plek: 🔸 FHP teen Witteberg 2 – Wen 30–5
Fichies eindig algeheel 3de! Die Simba’s het hul plek in die Nasionale Rondte op 6 en 7 Oktober in Boksburg verseker – ’n ongelooflike prestasie!
👏 Baie geluk aan elke speler en afrigter. Julle harde werk, passie en trots het die verskil gemaak. Schools That Rock is ongelooflik trots op julle – hou aan brul, Simba’s!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








