)

Atletiek COSASSA Spele – Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Atletiek COSASSA Spele – Bethlehem Voortrekker Hoërskool is besonder trots hul op atleet- sensasie Cara Rautenbach wat hoog vlieg vir Suid Afrika! Cara Rautenbach, is ’n talentvolle hoogspring-atleet. Sy is gekies om deel te wees van die Atletiek COSASSA Spele span vir Dogters o/16 se Hoogspring item. Hierdie prestasie is nie net ’n bewys van haar harde werk en toewyding nie. Dit dui ook aan hoe sy gegroei het as atleet oor die afgelope paar jaar.

Cara het reeds op jong ouderdom begin uitblink. In 2022 het sy ’n 3de plek behaal in hoogspring by die SA Kampioenskappe vir Dogters o/12. Sedertdien het sy haar persoonlike beste verbeter tot 1.61 meter. Dit was ‘n indrukwekkende hoogte wat sy in Maart 2025 in Kaapstad gespring het.

Van 23 tot 28 Augustus 2025 sal Cara haar land verteenwoordig by die COSASSA Spele in eSwatini (voorheen Swaziland). Hierdie internasionale byeenkoms bring top skool-atlete van Suider-Afrika bymekaar in ’n viering van talent, sportgees en kultuur. Die SA-span bestaan uit uitblinkers van regoor die land. Cara is een van die Vrystaatse atlete wat die nasionale span gehaal het. Dis ’n prestasie wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.

Wat is die COSASSA Spele?

Die “Confederation of Southern Africa Schools Sports Association” (COSASSA) Spele is ’n jaarlikse sportbyeenkoms. Skole van lande soos Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana, Namibië en Lesotho ding mee in verskeie sportsoorte. Dit is ’n platform waar jong atlete hul vaardighede op internasionale vlak kan toets.

Cara se deelname aan die COSASSA Spele is ’n inspirasie vir haar skool, haar gemeenskap en jong sportlui regoor die land. Mag haar spronge hoog wees, haar moed sterk, en haar trots onmeetbaar.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool staan vierkant agter jou, Cara – vlieg hoog!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.voortrekker.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal