
Atlete behaal Goud – Foto: Klara van Wyk, Lilly Burger, Roné Strydom, Danyelle Pienaar en Diné le Roux
In waarskynlik ‘n heel eerste vir Hoër Meisieskool Oranje het die atlete in die korthekkies ‘n eerste plek in al vyf ouderdomsgroepe behaal.
Die hekkies atlete het die prestasies tydens die Vrystaat Hoërskole-byeenkoms behaal.
Die uitslae van die hekkies atlete wat Goud behaal het, is as volg:
- Klara van Wyk (o.14, 90 m-h),
- Lilly Burger (o.15, 90 m-h),
- Roné Strydom (o.16, 100 m-h),
- Danyelle Pienaar (o.17, 100 m-h) en
- Diné le Roux (o.19, 100 m-h).
Klara het ook in die 300m-hekkies ‘n eerste plek behaal. Sy het in albei die 90 m-hekkies se uitdun en finaal die vorige Vrystaat-rekord verbeter.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor