ATKV-Tienertoneel. Foto: Die EHS-Tienertoneel van 2024 saam met die beoordelaars van die FAK Allegretto Toneelfees.
Hoërskool Ermelo het aan die ATKV-Tienertoneel, Pronk Podium en die FAK Allegretto Toneelfees deelgeneem en besonder goed presteer.
Die komedie “Fiasko” handel oor ’n oujongnooi, Riana, wie se skelmstreke en oneerlikheid ’n aand vol verwarring en vreemde, vuurwarm chaos veroorsaak. Dit is ‘n behoorlike familie (en vriende) FIASKO! EHS is trots op die vorming en ontwikkeling van jong akteurs om in die toekoms weer die verhoog op horings te neem.
Die toneelstuk ontvang die volgende toekennings by die onderskeie kompetisies:
ATKV-Tienertoneel:
- Luchè Greyling, verhoogbestuur – Silwer
- Maret Maritz, verhoogbestuur – Silwer
- Tian Luyt, beligtingsoperateur – Brons
- Jan-Maarten van Schalkwyk, klankoperateur – Brons
- Julie Uys, individuele spel – Brons
- An-Euné van Niekerk, individuele spel – Brons
Aardklop Pronk Podium:
- Talitha van Buren, Regie – Brons (Hulp-regisseur: Ruben Fouché)
- Julie Uys, Individuele spel – Brons
- An-Euné van Niekerk, Individuele spel – Brons
- Ensemble – Brons
- Maret Maritz & Luchè Greyling, Verhoogbestuur – Silwer
- Jan-Maarten van Schalkwyk, Klankoperateur – Brons
- Tian Luyt, Beligtingsoperateur – Brons
- Luché Greyling, Kostuums – Brons
- Luché Greyling, Stelontwerp – Silwer
- Talitha van Buren, Plakkaat – Silwer
FAK Allegretto Toneelfees:
- Ensemble – Brons
- Talitha van Buren, Regie – Brons (Hulp-regisseur: Ruben Fouché)
- Ashlynn Bester, Individuele spel – Brons
- Luché Greyling, Verhoogbestuur – Silwer
- Jan-Maarten van Schalkwyk, Klank hantering – Silwer
- Tian Lluyt, Beligtingshantering – Silwer
- Tegniese aspekte – Silwer
- Julie Uys, Individuele spel – Silwer
- An-Euné van Niekerk, Individuele spel – Silwer
- Tian Lluyt, Beligtingsontwerp – Silwer
- Jan-Maarten van Schalkwyk, Klanksamestelling – Silwer
- Talitha van Buren, Dekor – Silwer
- Luché Greyling, Kostuums – Silwer
- Maret Maritz, Grimering – Silwer
- Talitha van Buren, Plakkaat – Silwer
- Produksie – Brons
Fiasko word ook aangewys as die beste komedie van die Ermelo-week en An-Euné van Niekerk wen die beste komiese vroulike hoofrol vir Ermelo-week.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








