ATKV Radikale Redenaars – Die leerders van Primêre Skool Fichardtpark het bewys dat hulle kan redeneer. Die Redenaars het op 4 Mei by Oranje Meisiesskool aan die Vrystaat Streeksfinaal deelgeneem.
Die uitslae was as volg:
- Miné Olivier (Graad 2) – eerste plek
- Janie Sander (Graad 2) – tweede plek
- Dewan Watkins (Graad 4) – derde plek en
- Hannes Deacon (Graad 7) – tweede plek.
Miné Olivier dring deur na die Nasionale Finaal wat op 19 Oktober by Laerskool Concordia gehou word.
Die volgende redenaars wat deurgedring het na die semi-finale rondte van die ATKV Radikale Redenaars is as volg:
- Mari Wessels (Graad 1)
- Janie Sander (Graad 2)
- Lené Wessels (Graad 3) en
- Divan Kleyn (Graad 5)
Hulle sal op 25 Mei by Hoërskool Witteberg in Bethlehem gaan deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien