Boland Hokkie. Hoërskool Strand is baie trots op die nege spelers wat in verskeie Boland Hokkie spanne opgeneem is. Hulle neem gedurende die Junie-vakansie aan verskeie toernooie deel.
Ethan Leonard en Lloyd Patterson is onderskeidelik in die Boland seuns onder 18A en 16A-spanne opgeneem. Anschen Meyer en Caitlin Meyer is in die dogters onder 14B en C-spanne opgeneem.
Die volledige lys van spelers:
- Ethan Leonard – seuns o18A
- Lloyd Patterson – seuns o.16A
- Anschen Meyer – dogters o.14B
- Caitlin Meyer – dogters 0.14C
Boland-distrikspanne:
- Deneuscha Frieslaar (dogters o.18)
- Gabriella Julius (dogters o.16)
- Saige Barry (seuns o.16)
- Matthew Goodman (seuns o.14)
- Wesley Moodie seuns o.14-span
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf