Dance Star World Dance. Hoërskool Strand is baie bevoorreg om met ses dansers, wat vanaf 20-26 Mei aan ‘n internasionale dansgeleentheid in Kroasië gaan deelneem, te spog. Die ses meisies is lede van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Dance Star World Dance Masters-geleentheid gaan deelneem. Dit is ‘n uiters gesogte geleentheid. Meer as 4000 dansers van 28 lande vanoor die wêreld gaan hul dansvernuf ten toon stel.
Hierdie ses dansers van Hoërskool Strand sal hul vernuf ten toon stel in onderskeidelik solo’s, duette en dansgroepe.
Die dansers, vir wie hierdie eer te beurt geval het:
- Christo Thiart (Graad 12)
- Mieke Carr (Graad 9)
- Linke Thiart (Graad 9)
- Rochell Alberts (Graad 8)
- Olivia Kotze (Graad 8)
- Isabella Meyer (Graad 8)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf