)

Arende Toutrekspanne sweet in Robertson-hitte

Hoƫrskool Strand se toutrekspanne het bloed gesweet in Robertson waar die hitte van 35 grade Celsius ongenadig op al die WP en Wynlandspanne neergebrand het!

Dit was van meet af duidelik dat die standaard van toutrek geweldig verbeter slegs twee weke voor die provinsiale kampioenskap. Die Arende-span wat die beste gevaar het was weer die 520kg gemengde span. Hulle het al hul WP eweknieĆ« uitgestof en het uiteindelik ā€˜n welverdiende algehele tweede plek verower.Ā  Hierdie span het reeds die hele seisoen uitstekende ritme en krag opgedis en was by verre die span wat die mees konstante prestasies opgelewer het. Ander spanne wat die oog gevang het, was die 520kg meisiespan asook die 560kg seunsspan.

Twee van die Arend-afrigters het ook die besondere prestasie verwerf toe hulle hul Legend 30-keppies ontvang het vir hul aanvoerwerk in 30 of meer toutrek-kompetisies vir Hoërskool Strand.  Adriaan Odendaal en Schalk van der Merwe word hierdeur welverdiend deel van die elite groepie toutrekatlete wat week na week hul skool lojaal op die toutrekvelde verteenwoordig. Die Legend 30-inisiatief het ten doel om erkenning te gee aan lojale toutrekatlete asook om nuwelinge aan te moedig om in 30 of meer kompetisies vir Hoërskool Strand te trek.

Hierdie komende Saterdag 22 Februarie, vind die volgende WP/Wynlandkompetisie te Kraaifontein by Hoƫrskool Monumentpark plaas.

Riaan Nowers

 

 

 

Ā 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – HoĆ«rskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. HoĆ«rskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoĆ« en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en HoĆ«rskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal