Zounica van der Merwe van Hoërskool Strand is weer vir die Protea toutrek-span verkies om SA later vanjaar, vanaf 16 tot 20 September in Spanje te verteenwoordig.
Sy is die enigste lid van die Arende en die jongste meisie van die Helderberg. Daar is gewoonlik nege lede in die onder 23-span. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat Zounica hierdie prestasie behaal. Daar is reeds een oefenkamp agter die rug en daar is nog twee oefenkampe oor wat in Maart en Mei hierdie jaar gehou word. Hier word elke toutreklid getoets en word die finale span, wat SA gaan verteenwoordig, gekies.