Die atlete (soos op die foto) neem aan die volgende items deel:
Agter vlnr: Christopher Smit (S.17 hamergooi), Granville Mac Donald (S.19 10 000m stap), Abigail Durand (D.15 hamergooi), Marli Botha (D.17 hamergooi), Toufeeq Brinkhuis (S.19 driesprong), Rejeanne Herbst en Marais Westraat (S.14 300mH)
Voor vlnr: Beneatha Herbst (D.17 hamergooi), Hanré Veldsman (S.15 3000m), Kealin Marais (S.15 400m), Veronique de Lange (D.17 5000m stap), Lee-Jay Jenner (S.15 5 000m stap), Giovanno Steyn (S.19 5 000m en 2 000m Hindernis) en Janu Fouché (S.14 hoogspring)
Afwesig: Anél Swart (D.19 hamergooi) en Dominique Shepherd (D.15 5 000m stap)
Na die Boland Sentraal-byeenkoms van 7 en 8 Februarie, is 16 atlete van Hoërskool Strand in die Boland Sentraal-span opgeneem. Hulle neem op 21 en 22 Februarie in die Paarl aan die Boland Kampioenskap deel. Die mikpunt is om te kwalifiseer om vanaf 26-28 Maart aan die ASA Kampioenskap in die Paarl deel te neem.