American Academy of Ballet. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Graad 8 leerder, Lisa Kleu, is gedurende die Novembr eksamen genooi vir ‘n oudisie by die American Academy of Ballet in New York.
Die oudisies word in 18 lande aangebied. In Suid-Afrika is oudisies ook in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad aangebied. Ballerinas word beurse aangebied om in New York by die Summer School of Excellence gedurende Julie 2024 te dans.
Lisa het ‘n beurs ontvang om volgende jaar in New York by die American Academy of Ballet te gaan dans.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf