AHMP Matrieks 2023. “Daar is geen geld wat ooit oomblikke soos hierdie van die AHMP Matrieks 2023 sal kan koop nie. Hierdie spontane gebaar van die 2023 matriek-ouers sal my ewig by bly. Besef net opnuut hoe oneindig bevoorreg ek is om op hierdie stadium van my lewe te wees waar ek is. Alle eer aan die Skepper.
Affie wees kan eenvoudig nie gedefinieer word nie, dit is ‘n leefwyse wat net beleef kan word. Slegs dan verstaan mens wat die “siel” van hierdie skool is. Die klas van 2023 het soveel liefde uitgestraal en ons almal opnuut daaraan herinner dat ons ‘n “familie” is. Dankie aan elke ouer, broer, suster, ouma, oupa wat kom sing het, dit word opreg waardeer.”Juffrou Marna Jordaan
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Video verskaf