Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen.
Prediker 11:9 – 10
Liewe God, ons wil graag as volwassenes gesien word, maar tieners is darem ook so lekker – dankie Here!
Dankie vir die gekke bevliegings wat ons soms kry om dinge te doen, dinge wat die suurpruime nog suurder maak, maar wat ons jonges en ander jonges van hart – soos byvoorbeeld U – so heerlik laat lag.
Skenk my asseblief vriende op wie ek kan reken, vriende soos rotse waarop ek drie standvastige huise kan bou – dié van geloof, hoop en liefde.
Here leer my om behoedsaam om te gaan met die natuur, want ek is baie bewus van die feit dat ons nie een plant of dier te veel op ons planeet het nie.
En Here help my om kop te hou te midde van van ons jongklomp se verslawing aan modegiere en die “regte” handelsmerke.
Ek weet my ouers het dit nie breed nie, maar as groepsdruk eers begin werk, is dit asof ek glad nie Pa en Ma se punt kan insien nie.
Help my ook om nie so ‘n geweldige issue te maak van verliefraak en uitmaak nie – almal sê mos dit is maar net ‘n normale deel van die lewe.
Ten slotte, liewe Heer, skenk my die genade dat my tienerwees nooit heeltemal sal verdwyn in die volwassene wat ek besig is om te word nie. Ek wil so graag die optimisme en humor van jonkwees behou, al bewe my koppie en raak my knieë stram.
AMEN
(Jeuggebed van Vredeskerk, Amsterdam)