Wintersport. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se wintersport het die afgelope naweek met groot sukses afgeskop.
Hokkie
PRG hokkie het sy eerste wedstryde tussen 18 en 19 Maart gespeel. Paul Roos se 014C- en o19 A- en B-spanne het almal deelgeneem aan Paarl Boishaai en Milnerton se hokkietoernooie.
Wedstryde wat by dié twee toernooie uitgestaan het is PRG se o14C-span wat Paarl Gim met 9-0, Rondebosch Boys’ High 2-1 en Paarl Boishaai (aanvaar) 7-0 geklop het. PRG se o19B-span het goed gevaar deur El Shaddai met 2-0 en Curro Langebaan 5-0 te klop. Die o19A span het op hul beurt beïndruk deur Pinelands 6-0 en Somerset College met 3-0 te wen. Die o16A span het ook deur die loop van die naweek teen Langa gekompeteer en gelykop gespeel met 2 elk. PRG o14A- en B-spanne het op hul beurt deelgeneem aan DF Malan se twee-dag hokkietoernooi. Die o14A-span het Stellenberg met 1-0 en DF Malan met 3-0 geklop, terwyl die o14B-span Durbanville met 1-0 gewen het en gelykop gespeel het (0-0) teen Somerset College.
Rugby
Die voorseisoen vir PRG rugby het afgeskop met ‘n verskeidenheid van wedstryde teen Oakdale, SSDP (School Sports Development Programme), Bellville, Melkbosstrand en HHH (Hottentots-Holland Hoërskool). PRG se o14A tot D spanne, o15 A en B spanne en die 016C-span het almal gewen.
O14A PRG wen 36-12 teen Oakdale
PRG o14B wen 19-17 teen SSDP o14A
O15A PRG wen 18-7 teen Oakdale
PRG o15B wen 31-13 teen Bellville o15A
O14 PRG C & D wen 43-0 Melkbosstrand o14A
PRG o16C wen 20-0 teen HHH o16A
PRG se o14 A en B rugbyspanne, o15 A-span, o16 A en B rugbyspanne het ook deur die loop van die naweek aan Wynberg se rugbytoernooi deelgeneem. Hier het Paul Roos se o14A span gelykop gespeel met Paarl Booishaai (17-17), terwyl die o14B span Wynberg geklop het met 47-0. PRG se o15A-span het verloor (7-12) teen HJS, terwyl die o16A span skoonskip gemaak het teen Duineveld (62-0) en Oakdale (22-13). PRG se o16 B span het Wynberg geklop met ‘n telling van 46-3.
Die naweek se vertoning deur PRG se hokkie- en rugbyspanne is ‘n goeie toonaangewer vir die komende wintersportseisoen.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf