)

Kwaggas vereer met Springbok-Toekenning

Twee matrikulante van Hoërskool Cradock is die afgelope week beloon vir jare se harde werk. Shané de Waal en Dirkie Cronje het beide hul Springbok-toekenning in Landsdiens verwerf.

Vir ‘n leerder om in aanmerking te kom vir hierdie toekenning is egter nie ‘n maklike taak nie. Leerders moet altesaam 100 punte versamel. Dit kan gedoen word deur landsdienskampe by te woon asook inisiatiewe in die gemeenskap te loods waardeur hul bystand en ondersteuning aan behoeftige lede van die publiek bied. Vir elke aktiwiteit ontvang leerders tussen 2-4 punte wat ‘n aanduiding is van die deursettingsvermoë en toewyding wat nodig is om 100 punte te versamel.

Elke leerder stel dan ‘n portefeulje saam oor hul take en betrokkenheid in die gemeenskap. Hierdie portefeulje word nagegaan deur SA Landsdiens en indien die leerder genoegsame punte versamel het, word hierdie gesogte prestasie aan hulle toegeken.

Hierdie twee leerders se passie vir die lewe en omgee vir ander is duidelik sigbaar in elke aktiwiteit waaraan hulle deelneem. CHS is besonders trots op hul puik prestasie!
NIL NISI NITENDO

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal