)

Hoërskool Cradock Redenaars deur na volgende ronde

Redenaars van Hoërskool Cradock het die afgelope week deelgeneem aan die ATKV-Redenaarskompetisie in Port Elizabeth. Hier het hulle deelgeneem teen leerders van regoor die provinsie en hoewel die kompetisie groot was het CHS se redenaars puik uitslae gelewer.
Ian Schoeman het deelgeneem in die afdeling vir onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal, terwyl Lutha Majiba en Emihle Bunu beide deelgeneem het in die voorbereide toesprake vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie drie leerders is gekies om deur te gaan na die tweede rondte van die ATKV-Redenaarskompetisie wat later vanjaar in George plaasvind.

Knap gedaan Kwaggas! Dit is duidelik dat julle nie net heuning op die tong het nie, maar waardige opponente is.

Op die foto bo:

Drie van CHS se redenaars is gekies om deur te gaan na die volgende ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie.  Lutha Majiba, Ian Schoeman en Emihle Bunu sal Hoërskool Cradock later vanjaar verteenwoordig in George.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal