)

Elf rugbyspelers van Hoërskool Cradock deur na Distrikte proewe

Elf rugbyspelers van Hoërskool Cradock deur na Distrikte proewe op 6 Maart 2018 het die Sone-Rugbyproewe plaasgevind op die Roversvelde in Cradock.  Skole wat aan die proewe deelgeneem het, was Hoërskool Cradock, Hoër Landbouskool Marlow en Michausdal Sekondêre Skool.

CHS se spelers het baie goed gevaar en die keurders beïndruk met hul spel.  Beide die o/16- en o/18-rugbyspelers het aan hierdie proewe deelgeneem en altesaam elf spelers van CHS is verkies tot die onderskeie A- en B-spanne wat in die volgende rondte distrikteproewe gaan deelneem.

Die volgende spelers van CHS is ingesluit in die o/16 A-span:  A. Collett (haker) en S. Vabaza (flank).  In die o/16 B-span word vyf van Hoërskool Cradock se spelers ingesluit, naamlik O. Yanta (stut), K. Papu (flank), F. Colarossi (agtsteman), R.Miners (skrumskakel) en S. Kumm (vleuel).

Die Kwaggas word ook goed verteenwoordig in die o/18-spanne met D. Schoeman (agtsteman) en I. Booysen (vleuel) wat in die A-span ingesluit word.  B. Pentz (vleuel) en C. Jabobs (vleuel) word ook ingesluit in die B-span.

Baie geluk aan hierdie spelers wat met harde werk en deursettingsvermoeë hul stempel op die rugbyveld afdruk.  Geluk Kwaggas, NIL NISI NITENDO.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal