)

Goeie begin vir CHS Hokkieseisoen

Op Saterdag 10 Maart 2018 het Hoërskool Cradock se 1ste hokkiespan deelgeneem aan die Gill Sportfees te Somerset-Oos, ‘n sportfees waarmee die Kwaggas dan ook hul wintersportseisoen mee afskop.

Die dogters se eerste wedstryd was teen Hoër Volkskool, ‘n wedstryd vat CHS 2-0 wen.  Volgende kom die Kwaggas te staan teen die span van Hoërskool Templeton.  Hierdie jong span wys wat in hul steek en wen ook hierdie kragmeting oortuigend 5-0.  Die doele is aangeteken deur Elandri Dannhauser (2), Minke de Wet (2) en Lara Marais (3).  Die volgende spelers was aangewys as Spelers van die Wedstryd: Annemi Blom en KC Ferreira (vs. Volkskool), Lené Swart en Elandri Dannhauser (vs. Templeton).

Die meisies het tydens beide wedstryde goeie spanwerk en tegniek getoon, wat groot bydraende faktors was vir hul sukses.  Daar lê ‘n belowende seisoen voor vir hierdie groep meisies en CHS is voorwaar trots op die goeie manier waarop hierdie dogters hul seisoen afgeskop het.

Die volgende wedstryde vir hierdie span vind plaas op 17 Maart 2018 tydens die Spar Fees in Grahamstad asook die Despatch Sportfees op 24 Maart 2018.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal