)

Hoërskool Nelspruit se 1ste krieketspan vaar goed

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het Saterdag op Uplands se veld vir Waterkloof aangevat in die Noordvaal-finaal en met 75 lopies verloor.

Waterkloof het die loot gewen en eerste gekolf. Hulle het 213 /9 in hul 50 beurte behaal.

Die beste boulers vir NHS was Ewan Lombard met 2 paaltjies vir 27 in 10 beurte en Jon Hinrichsen met 2 paaltjies vir 46 in 10 beurte.

Beste kolwer vir Waterkloof was Nico van Zyl met 52 nun en Jaundre Pretorius met 33 lopies.

NHS is almal uitgeboul vir 138 in die 38ste beurt. Die beste boulers vir Waterkloof was Gideon Peters met 2 paaltjies vir 20 in 7 en Marco Boonstra met 2 paaltjies vir 15 lopies in 5.

Die beste kolwers vir NHS was Divan Jacobs met 53 en Jon Hinrichsen met 27 lopies.

Waterkloof wen die wedstryd met 75 lopies.

Baie dankie aan Uplands College vir die gebruik van hul fasiliteite.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal