Op Maandag, 30 Oktober 2017 het die Erries die jaarlikse Kerssangdiens in die Ouditorium gehad.
Die samesang met besondere begeleiding van onder andere die kitaar-groep, die items wat deur die Erries gelewer is en die boodskap wat die Erries ontvang het, het alles bygedrae tot hoendervleis-oomblikke.
In die Ouditorium kon jy die teenwoordigheid van ons Vader aanvoel en die dekor was sag, gepas en het die ware betekenis van Kersfees beklemtoon.
Baie dankie aan elke Errie wat deel was van hierdie geleentheid. Ons is dankbaar dat ons met vrymoedigheid ons Vader kan prys en dank vir ons grootse Kersgeskenk ooit.
2017 was ‘n geseënde jaar!