)

Oud-Erries hou 20 jaar Reünie

Getrou aan sy aard haal Hoërskool Ermelo sy beste weer uit en bederf Matrieks 1997 op hulle 20 jaar reünie met ‘n vars 9 ?C in Oktober!

Dit help sommer om, saam met die 90’s-treffers op die dansvloer die aand, die tipiese Hoëveld reuk van steenkool in die lug en die kraak van die houtvloer op toer deur Nelstehuis, hul geheue te verfris en dadelik die horlosie terug te draai.

Die horlosie het werklik teruggedraai toe hulle die Errie kampus betree. “Ry mens deur vervalle, hartseer plattelandse dorpies oppad na Ermelo, is dit Prozac vir die siel om by die EHS se hekke in te kom,” sê die hoofmeisie van 1997, Helet Wiesner (nèè Conradie). “Nie net lyk alles PRESIES dieselfde as toe ons 20 jaar gelede ons voete afgestof het nie; dit lyk tien keer beter! Pragtige roostuine, nuwe bome, ‘n gedenkmuur, ‘n hokkiekamer en ‘n luukse argief.Ons asems was weggeslaan,” gaan sy vol ekstase voort.

Die pragtige Perdekraal waar ons saamgekuier het die middag tot laat het ook alle verwagtinge oortref.Van klein tot groot het ‘n heerlike tyd gehad en ou stories is opgediep en afgestof.

Dankie aan almal wat die paaie terug Ermelo toe aangepak het om mekaar weer te sien. Dankie aan Ermelo wat ons met oop, vrygewige arms terug ontvang het. Die lewe gaan aan en mens staan te min stil om terug te kyk, maar 28 Oktober 2017 sal ons altyd bybly, net soos ons tyd as Erries lank, lank gelede.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal