Hoërskool Florida skuts, Caitlin Oelofse (agter), Christiaan Bredenkamp en Nadine Nel het vanaf 1 tot 6 April 2018 aan die SATRA .22 SA-Kampioenskappe te Bloemfontein deelgeneem. Caitlin het in die B-klas deelgeneem en verower ‘n goud en brons medalje. Nadine en Christiaan neem in die D-klas deel, waar Christiaan een goud, twee silwer en twee brons medaljes verower en Nadine vier goud, drie silwer en een brons medalje verower. Na afloop van die vyf dae se skiet, kwalifiseer Caitlin en Nadine in die damesklas om aan die “Randall” wedstryd deel te neem wat op 50- en 100-treë geskiet is. Hier het hulle saam met SA topskut, Esmari van Reenen deelgeneem!
Caitlin, Christiaan en Nadine word gekies om Suid-Afrika in Augustus 2018 in Londen by die “British Junior International” .22 kompetisie te gaan verteenwoordig. Baie geluk aan hierdie skuts van Florries!
Become a Sponsor









