Baie geluk aan Izaan Hough, van Hoërskool Punt in Mosselbaai, wat tydens die vakansie aan die SA Swemkampioenskappe deelgeneem het.
Tydens hierdie byeenkoms behaal sy ‘n 6de plek in die 50m borsslag en ‘n 10de plek in die 50m vryslag. Dit is uitstekende resultate aangesien daar ‘n baie groot aantal deelnemers van regoor die land deelgeneem het..
Izaan kwalifiseer nou vir die SA Jeug Swemkampioenskappe wat in Port Elizabeth sal plaasvind.