Adriaan Havenga van HoĆ«rskool monument in Krugersdorp Noord, het ‘n goue ATKV-erepenning ontvang as gevolg van sy uitmuntende toneelspel tydens die finaal van die ATKV-Tienertoneel in die Kaap tussen 04 ā 08 Oktober 2017.
Ongeveer 3000 hoĆ«rskoolleerders het deelgeneem aan diĆØ 53ste ATKV-Tienertoneel kompetisie.Ā 186 produksies is opgevoer tydens die 11Ā verskillende streeksfeeste.Ā Jong, voornemende teatermakers het die verhoĆ« warm gespeel, verhore vermaak, ontroer en bekoor en uiteindelik is die 15 beste produksies (waaronder Monnas geval het) na die finaal genooi .
Na die finaal is daar verskeie toekennings toegedien en sĆ² het Adriaan Havenga die toekenning gekry vir die beste akteur in ‘n hoofrol.
“Die toekenning is ‘n aansporing vir my om in myself te verbeter en aan my vaardighede te skaaf. Ek dank God en ek is baie dankbaar vir ATKV en die werk wat hulle vir Afrikaans doen. Dit was ‘n voorregā, het Adriaan Havenga Ā gesĆŖ.
Op die foto:Ā Adriaan Havenga tydens die finaal van die ATKV-Tienertoneel