Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me H Visagie
Geboortedorp: De Aar
Gematrikuleer by: Hoërskool De Aar
Verdere studies by: Universiteit van die Vrystaat (KOVSIES)
Vorige skole ondewys gegee:
Hoërskool Aliwal-Noord
Hoërskool De Aar
Vakke wat ek tans aanbied: Afrikaans Huistaal
Sport/Akademie/Kultuur prestasies op skool en daarna:
“Skool: Tennis, hokkie provinsiaal, prefek, koshuishoofdogter, CSV-kringleier
Universiteit: Huiskomitee – sport, Joolkomitee – finaliste, Dept Geografie ondervoorsitter
Daarna: Rig Grens en Vrystaat hokkie af,
2016 matriekklas behaal hoogste gemiddelde punt vir Afrikaans Huistaal in die Noord-Kaap”
Stokperdjies: Lees en kuier saam met vriende!
Iets interessant omtrent myself: Ek het `n graad in die sportrigting behaal met Geografie as hoofvak, en graad 12 Lewenswetenskappe vir baie jare onderrig. Afrikaans het egter met die verloop van tyd my passie geword!
My boodskap aan Punt: Daar is altyd, altyd iets om voor dankbaar te wees!