)

Mylpaal vir 2 Krieketspelers van Hoërskool Strand

Henco Stofberg en afrigter Christiaan Theron

Op Saterdag, 23 Februarie, het die kaptein van Hoërskool Strand se eerste krieketspan, Henco Stofberg, en Guillaume Jansen ‘n besondere mylpaal behaal deur in hulle vyftigste wedstryd vir die eerste  krieketspan te speel. Hierdie mylpaal is vir min krieketspelers beskore.

Vroeër die week het die Strand naelskraap met 29 lopies teen die hoogaangeskrewe span van Somerset College verloor. Hierdie wedstryd moes in die week afgehandel word omdat Somerset College in die kwarteindstryd van die 20/20-kompetisie teen Paul Roos Gimnasium moes speel.

Gevolglik moes Hoërskool Strand toe Saterdag teen Somerset College se tweede span gespeel. Die Strand het ‘n indrukwekkende 260 lopies vir die verlies van 5 paaltjies opgestapel. Henco Stofberg het in sy vyftigste wedstryd ‘n briljante 151 lopies nie uit nie aangeteken. In die proses het hy 9 sesse en 10 viere geslaan. Vir enige skoolseun is dit ‘n droom om in sy vytigste wedstryd so te presteer.

Guillaume Jansen het in Somerset College se kolfbeurt skitterend geboul en 2 paaltjies vir 19 lopies platgetrek voordat reën die dag se spel kortgeknip het. Jaylone Lombard het hom goed ondersteun en 2 paaltjies vir 13 lopies platgetrek. Toe die reën ingryp, het Somerset College op 33 lopies vir die verlies van 4 paaltjies gesteier. Die wedstryd het dus ongelukkig onbeslis geëindig.

Dit was ‘n voorreg om hierdie twee spelers in hulle vyftigste wedstryd te sien presteer. Dit is wat skolekrieket so fassinerend maak.

Guillaume Jansen en Henco Stofberg

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal