Hoërskool Strand se O.19 tennisspelers, Ruan Louw, Charl Morkel, CJ Smit, Chris-Jan van Zanten, Ebert Wessels, Christian de Jager, Ané Braasch, Uné Benade, Hanlie Huisman, Justine Matthews en Elrika van der Westhuizen, het Vrydag na Bredasdorp vertrek. Na die verwelkoming en reëlbespreking het al die spanne na die Sea Shack in Struisbaai vertrek. Dit was weer, soos elke jaar, een van die hoogtepunte op die toer.
Vrydagoggend, kort na dagbreek, het die spelers na Napier vertrek vir die eerste twee wedstryde van die dag. Die eerste wedstryd het reeds om 06:45 begin. Die vreugde was groot toe hulle ‘n puik oorwinning oor Swartland behaal het.
Die span van Strand moes egter die knie buig voor Bellville in die tweede wedstryd. Ruan Louw en Charl Morkel het in ‘n puik wedstryd hul nommer 1 paar 8-6 geklop en Justine Matthews en Hanli Huisman het hul dubbels met 8-7 gewen. Strand het twee van die gemengde wedstryde ook gewen.
Die derde wedstryd was in Bredasdorp teen Augsberg. Nadat die tellings gelyk was na die dubbels, het die Arende puik spel gelewer en 4 van die 5 gemengde wedstryde gewen.
Saterdagoggend het die spelers hard gewerk vir die oorwinning oor Bredasdorp. Drie van die vier dubbels-wedstryde is met valbylpotte gewen en ook drie van die vyf gemengde wedstryde is gewen.
In die laaste wedstryd teen Langenhoven Gimnasium, die uiteindelike wenners van die betrokke afdeling, kon Strand ongelukkig net twee wedstryde wen. Bellville was tweede en Strand derde.
Die toerleiers het groot waardering vir die spelers se puik gedrag, veggees en besondere toewyding.
Opsomming van uitslae:
Strand nommer 1 seunspaar (Ruan Louw en Charl Morkel) het 3 van hul 5wedstryde gewen.
Strand se dogters dubbelspare (Ané Braasch, Uné Benade, Hanli Huisman en Justine Matthews) het elk 3 uit 5 wedstryde gewen.
Die beste gemengde paar was Christian de Jager en Justine Matthews wat al 5 hul wedstryde gewen het.
Spelers van die toernooi: Charl Morkel wat 7 uit 10 wedstryde gewen het,
Christian de Jager wat 6 uit 7 gewen het en Justine Matthews wat 8 van 10 wedstyde gewen het.
Strand se nommer 1 seunspaar (Ruan Louw en Charl Morkel) het 3 van hul 5 wedstryde gewen.