)

Hoërskool Strand O.19 Tennistoer na Bredasdorp

Hoërskool Strand se O.19 tennisspelers, Ruan Louw, Charl Morkel, CJ Smit, Chris-Jan van Zanten, Ebert Wessels, Christian de Jager, Ané Braasch, Uné Benade, Hanlie Huisman, Justine Matthews en Elrika van der Westhuizen, het Vrydag na Bredasdorp vertrek. Na die verwelkoming en  reëlbespreking het al die spanne na die Sea Shack in Struisbaai vertrek.  Dit was weer, soos elke jaar, een van die hoogtepunte op die toer.

Vrydagoggend, kort na dagbreek, het die spelers na Napier vertrek vir die eerste twee wedstryde van die dag. Die eerste wedstryd het reeds om 06:45 begin. Die vreugde was groot toe hulle ‘n puik oorwinning oor Swartland behaal het.

Die span van Strand moes egter die knie buig voor Bellville in die tweede wedstryd.  Ruan Louw en Charl Morkel het in ‘n puik wedstryd hul nommer 1 paar 8-6 geklop en Justine Matthews en Hanli Huisman het hul dubbels met 8-7 gewen.  Strand het twee van die gemengde wedstryde ook gewen.

Die derde  wedstryd was in Bredasdorp teen Augsberg.  Nadat die tellings gelyk was na die dubbels, het die Arende puik spel gelewer en 4 van die 5 gemengde wedstryde gewen.

Saterdagoggend het die spelers hard gewerk vir die oorwinning oor Bredasdorp. Drie van die vier dubbels-wedstryde is met valbylpotte gewen en ook drie  van die vyf gemengde wedstryde is gewen.

In die laaste wedstryd teen Langenhoven Gimnasium, die uiteindelike wenners van die betrokke afdeling, kon Strand ongelukkig net twee wedstryde wen. Bellville was tweede en Strand derde.

Die toerleiers het groot waardering vir die spelers se puik gedrag, veggees en besondere toewyding.

Opsomming van uitslae:

Strand nommer 1 seunspaar  (Ruan Louw en Charl Morkel) het 3 van hul 5wedstryde gewen.

Strand se dogters dubbelspare  (Ané Braasch, Uné Benade, Hanli Huisman en Justine Matthews) het elk 3 uit 5 wedstryde gewen.
Die beste gemengde paar was Christian de Jager en Justine Matthews wat al 5 hul wedstryde gewen het.

Spelers van die toernooi:  Charl Morkel wat 7 uit 10 wedstryde gewen het,

Christian de Jager wat 6 uit 7 gewen het en                                                                                               Justine Matthews wat 8 van 10 wedstyde gewen                                                                                            het.

Strand se nommer 1 seunspaar  (Ruan Louw en Charl Morkel) het 3 van hul 5 wedstryde gewen.

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal