)

St. Stithians Muurbalfees – Hoërskool Zwartkop kook

St. Stithians Muurbalfees. Die Zwarrie-muurbalspanne het van 1 tot 4 April aan die gesogte St. Stithians Muurbalfees deelgeneem. Dit was die eerste keer dat Hoërskool Zwartkop aan hierdie toernooi deelgeneem het – en ons spanne het die skool se naam met trots hoog gehou.

Seunspan: Onstuitbaar tot die einde

Die seuns het van die eerste wedstryd af hul oorheersing gewys en met indrukwekkende uitslae die toernooi oorheers: dogterspan.

  • Wen teen Jeppe Boys High: 20 – 0
  • Wen teen St. Stithians A: 20 – 0
  • Wen teen Marist Brothers Linmeyer: 20 – 0
  • Wen teen St. Andrews Grahamstad: 20 – 0
  • Wen teen Egoli Youth Empowerment: 14 – 8

Met hierdie reeks oorwinnings het die Zwarries as wenners van die toernooi uit die stryd getree.

Dogterspan: Onverskrokke en onoorwonne

Alhoewel die dogters net vyf spelers gehad het en dus telkens drie punte op nr. 6 moes prysgee, het hulle met vasberadenheid en spanwerk ’n merkwaardige prestasie gelewer:

  • Wen teen St. Stithians B: 17 – 0
  • Wen teen Roedean School: 14 – 9
  • Wen teen Marist Brothers Linmeyer B: 17 – 0
  • Wen teen Marist Brothers Linmeyer A: 17 – 7
  • Wen teen Northcliff: 17 – 1

Die dogters het onoorwonne gebly en eindig uiteindelik op ’n pragtige 2de plek.

🎉 Baie geluk aan al die muurbalboffins! Julle het nie net geskitter op die baan nie, maar ook gewys wat dit beteken om ware Zwarries te wees – vasberade, trots en vol geesdrif!

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://zwarries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal