U16 Hockey Challenge Cup. Hoërskool Zwartkop se o.16-hokkiespanne skitter in die Kaap.
Hoërskool Zwartkop se o.16 A seuns- en dogterhokkiespanne het onlangs aan die Belgotex u16 Challenge Cup in Kaapstad deelgeneem. Die spanne het die naam van “Zwarrie-hokkie” met trots hoog gehou.
Dogters: Kampioene van die toernooi!
Die o.16A dogters het ’n indrukwekkende reeks oorwinnings behaal:
- ZWK vs Hoërskool Upington: 6 – 0
- ZWK vs Fairmont High School: 4 – 0
- ZWK vs Langenhoven Gimnasium: 6 – 1
- Semi-finaal: ZWK vs Hoërskool Linden: 2 – 0
- Finaal: ZWK vs Midstream College: 1 – 1 (gelykop) → ZWK wen 2 – 0 met shoot-outs (8 sekondes)!
Die dogters is dus die algehele wenners van die toernooi – ’n fenomenale prestasie! Verder is Sarah Gouws aangewys as topdoelskieter én speler van die toernooi – ’n merkwaardige prestasie vir ’n 15-jarige. Baie geluk, Sarah!
Seuns: Sterk vertonings en vasberadenheid
Die o.16A seuns het hul krag en vasbyt gewys met die volgende uitslae:
- ZWK vs Bridge House: 1 – 2
- ZWK vs Hoërskool Waterkloof (inv.): 3 – 2
- ZWK vs Reddam House: 1 – 3
- ZWK vs Langenhoven Gimnasium: 1 – 1 (gelykop)
- ZWK vs Hoërskool Upington: 2 – 0
Die seuns het met trots en deursettingsvermoë gespeel en waardevolle ervaring opgedoen teen sterk opposisie.
🎉 Baie geluk aan al die Zwarrie o.16-spanne! Julle het Hoërskool Zwartkop se gees en trots met flair verteenwoordig.




Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









