)

O.16A Prestige Rugbyweek – BVHS bied skouspelagtige rugby

O.16A Prestige Rugbyweek. Bethlehem Voortrekker Hoërskool o/16A-rugbyspan wys karakter op eie bodem.

Die afgelope week het die o16A-rugbyspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool die unieke voorreg gehad om op hul tuisveld kragte te meet in ’n reeks toetse wat hul vasberadenheid en talent duidelik onderstreep het.

Die eerste kragmeting teen Hoërskool Lichtenburg was ’n ware botsing van wilskrag – kliphard, fisies en intens. Ten spyte van ’n dapper vertoning moes die Trekkers uiteindelik die knie buig met ’n telling van 14–20.

Maar die span het vinnig teruggeveg. In hul tweede wedstryd teen Hoërskool Secunda het die Trekkers met flair en vuur gespeel. Hulle het ’n oortuigende oorwinning van 33–17 behaal. Die binnesenter, Pitso Mosholi, het met sy vernuf en deursettingsvermoë die titel van speler van die wedstryd verower.

SANESA NC Q1-kompetisie - Welkom Gimnasium

Die hoogtepunt van die toer was egter die laaste kragmeting teen Hoërskool Framesby van Gqeberha. Hier het die Trekkers hul volle potensiaal ontketen. Met ’n skouspelagtige 40–12 oorwinning het hulle die toernooi op ’n triomfantlike noot afgesluit. Die buitesenter, Neo Ralethohlane, is bekroon as speler van die wedstryd – ’n welverdiende erkenning vir sy uitmuntende spel.

Met drie intense wedstryde agter die rug, het die o/16A-span nie net hul vaardighede getoon nie. Hulle het ook hul karakter, spanwerk en trots as Trekkers bewys. Hierdie toer sal onthou word. Dit was ‘n week waarin jong spelers hul name gevestig het en die Voortrekker-gees helder geblink het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://trekkers.co.za

Foto verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal