SA Skole Atletiekkampioenskappe. Grey Kollege Primêr skitter op nasionale vlak!
Agt talentvolle seuns van Grey Kollege Primêr in Bloemfontein is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by die SA Skole Atletiekkampioenskappe wat van 19 – 21 Maart 2026 by die Groenpunt Stadion in Kaapstad plaasvind.
Die jong atlete wat hul skool en provinsie met trots gaan verteenwoordig, is:
- Tristan Immink-Oberholzer
- Charl Theron
- Caden Goodes
- David Becker
- Liwa Kojana
- Mitchell Claassens
- Jean Kilian
- Daniel Steyn
Onder leiding van Juffrou Belinda van Zyl en Mnr. Clearance Khumalo, wat as afrigters vir die naellope en aflos-items gekies is, is die span uitstekend voorbereid om hul beste te lewer.
Grey Kollege Primêr is uiters trots op hierdie jong manne en wens hulle alle sukses toe. Hulle deelname is nie net ’n groot eer nie, maar ook ’n inspirasie vir hul medeleerlinge en die hele Grey-gemeenskap.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto verskaf










