Open Water Nationals. Hoër Meisieskool Oranje spog met top swemmers.
Katie de Jager (16) en Ashleigh de Jager (14), leerders van Hoër Meisieskool Oranje, het onlangs aan die Open Water Nationals in Jeffreysbaai deelgeneem. Die twee susters het die Women’s 3 km-item aangedurf en indrukwekkende tye van 42:05 en 42:09 aangeteken.
Met ’n veld van 75 deelnemers het hulle hul plek tussen die land se beste oopwaterswemmers bevestig. Slegs vier swemmers uit die Vrystaat het gekwalifiseer om die provinsie en Free State Aquatics (FSA) te verteenwoordig – ’n besondere prestasie wat Oranje se naam laat uitstyg as een van die top skole in die Vrystaat.
Die skool is trots op Katie en Ashleigh se deursettingsvermoë en hul rol as inspirasie vir jong sportvroue in die Vrystaat.

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










