Overberg Uitnodigingsgala. Hoërskool Swartland se swemspan het die swemseisoen op ’n glansryke noot afgesluit. Die span het na Hermanus gereis, waar hulle van 27 tot 29 Februarie aan die Overberg Uitnodigingsgala deelgeneem het.
Hul eerste stop was by Stasie 17 van die Overberg Uitnodigingsgala in Hermanus. Die leerders het dit baie geniet en waardevolle kennis opgedoen oor seeredding. Die leerders het hul ook verwonder aan die belangrike werk wat die reddingspan verrig. Daarna het hulle na See-en-Sand se kampterrein vertrek, waar hulle vir twee nagte tuisgegaan het.
Saterdagoggend het ons swemmers kragte gemeet teen Curro Hermanus, Hoërskool Hermanus en Hoërskool Swellendam. Swartland se span het uitmuntend gevaar en met ’n indrukwekkende totaal van 21 goue, 22 silwer en 19 bronsmedaljes huiswaarts gekeer.
Goue medaljewenners:
- Nicky Lategan – 5
- Emma Brooks – 3
- Elmé Grobbelaar – 3
- Mark Liedeman – 2
- Zackery Kruger – 2
- Anna-Mae van Zyl – 1
- Luan Otto – 1
- Jani Visagie – 1
- Ope aflosspanne – 3
Uit die 37 items het Swartland in 5 items goud, silwer én brons verower – ’n merkwaardige prestasie!
Finale punte:
- Hoërskool Hermanus – 766
- Curro Hermanus – 872
- Hoërskool Swartland – 1126
Die skool spreek ’n hartlike dankie uit aan al die borge en donateurs wat hierdie toer moontlik gemaak het. ’n Spesiale woord van dank aan Juffrou Kalp en Meneer Spies wat die leerders vergesel het, asook aan Mnr. Spies en Mnr. Orian Linnert wat die bussies bestuur het.
Swartland is ongelooflik trots op hul swemmers en hul puik prestasies gedurende die hele seisoen. Hulle het nie net medaljes gewen nie, maar ook die gees van Swartland met trots en toewyding uitgedra. 🌊




Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









