SA Skole Krieketspan. GarsieYsBere se Reuben van Zyl maak geskiedenis.
Hoërskool Garsfontein se krieketster, Reuben van Zyl, het geskiedenis gemaak. Hy is, as die eerste Garsie ooit, gekies vir die Suid-Afrikaanse Skole Krieketspan. Hierdie prestasie is ’n groot mylpaal vir die skool en bevestig die groeiende krag van Garsfontein se krieketprogram.
Reuben het reeds sy merk gemaak tydens die Khaya Majola Week, waar hy die Titans verteenwoordig het en as Speler van die Week aangewys is. Hy het ook saam met spanmaat Xander Venter aan die National Cubs Cricket Week deelgeneem. Daar het sy talent weer duidelik na vore gekom.
Sy kragspel het die GarsieYsBere onlangs tot ’n eindstrydplek in die gesogte Noordvaal Skole Krieketreeks gelei, met ’n briljante beurt van 70 lopies van 36 balle teen Potchefstroom Gimnasium.
“WELGEDAAN Reuben – jy verdien dit, Garsies is trots op jou!”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








