National Cubs Cricket Week. 🏏 Hoërskool Garsfontein trots op GarsieYsBere!
Die talentvolle krieketspelers Xander Venter en Reuben van Zyl is gekies om aan die National Cubs Cricket Week deel te neem.
Beide spelers het onlangs die Titans verteenwoordig tydens die Khaya Majola Cricket Week. Reuben van Zyl het uitgestaan en is aangewys as Speler van die Week, terwyl Xander Venter die span met groot sukses as kaptein gelei het.
Hoërskool Garsfontein is uiters trots op hierdie prestasies!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor









