14 Top Geografieleerders. Hoërskool Garsfontein is ongelooflik trots om aan te kondig dat 14 van hul graad 10 Geografieleerders eerste geëindig het nasioneel by die Junior SANGO (Suid-Afrikaanse Nasionale Geografie-olimpiade) 2025.
Die prestasie is des te meer merkwaardig aangesien daar 107 deelnemende skole en ’n totaal van 2270 leerders betrokke was. Ons jong geografie-studente het nie net hul kennis en vaardighede ten toon gestel nie, maar ook hul toewyding, spanwerk en passie vir die vak.
👏 ’n Groot dankie en geluk aan die volgende leerders wat hierdie uitsonderlike prestasie behaal het:
- Jonathan Bartlett
- Gita Cloete
- Marko Grobbelaar
- Martin Gutschmidt
- Mieke Klopper
- Hutton Massyn
- Renier Pieterse
- Mieke Reynolds
- Amelia Smit
- Janko Zeeman
- Liani de Bruin
- Juan de Waal
- Lianne van Rensburg
- Anri de Jager
Hierdie prestasie bevestig dat Hoërskool Garsfontein se leerders nie net akademies uitblink nie, maar ook ’n passie het om die wêreld waarin ons leef beter te verstaan. Ons sien uit na nog vele suksesse in die toekoms! 🌟
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









