)

Dance for Growth – Hoërskool Eldoraigne

Dance for Growth. Hoërskool Eldoraigne in Centurion is in ekstase oor die uitmuntende prestasie van een van hul jong sterre, Ze’eva Geldenhuys. Ze’eva is’n graad 8-leerder wat onlangs haar merk gemaak het op die nasionale verhoog. Sy het by die gesogte “Dance for Growth”-kompetisie twee goue en een silwer medalje losgedans in die Solo-, Groep- en Duet-kategorieë van Hip Hop!

Die Dance for Growth (DFG)-kompetisie, aangebied deur Authentic Street Dance Development SA (ASDDSA), is een van Suid-Afrika se voorste ontwikkelingsgerigte dansgeleenthede en vier vanjaar sy 12de bestaansjaar. Die tweedaagse dansfees bring talentvolle dansers van regoor die land – en selfs van buite die landsgrense – byeen. Internasionaal-erkende beoordelaars maak ook die verhoog nog meer glansryk.

🩰 Dag 1 fokus op klassieke en tegniese style soos Ballet, Kontemporêr, Jazz, Liries, Tap en Akro. Dag 2 laat die verhoog vibreer met energieke Hip Hop en Street Dance, insluitend intense een-tot-een gevegte.

Ze’eva se prestasie is nie net ’n bewys van haar talent en toewyding nie, maar ook ’n inspirasie vir jong dansers regoor die land. Hoërskool Eldoraigne is ongelooflik trots op haar en sien uit na haar blink toekoms op die dansvloer!

💃✨ Hou aan skitter, Ze’eva! ✨🕺

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hseldo.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal