Vrystaat SANEF Show Jumping. Hanno van Jaarsveld, Graad 6-leerder van Primêre Skool Naudeville in Welkom, het ’n besonderse mylpaal bereik deur gekies te word vir die Vrystaat SANEF Show Jumping-span. Hanno en sy perd, Storm, sal die provinsie verteenwoordig in die Pony Rider 90cm Jumping-afdeling tydens die gesogte South African Youth Championship. Dit vind plaas vanaf 2 tot 5 Julie 2025 by die Kyalami Equestrian Park in Johannesburg.
Hierdie prestasie is ’n bewys van Hanno se toewyding, harde werk en liefde vir die sport. Ons wens hom en Storm alle sterkte toe vir die kampioenskappe!
Lees meer skolenuus hier. https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








