O.16 Vrystaat Muurbalspan. Sebastian Gouws gekies vir o.16 Vrystaatspan.
Hoërskool Fichardtpark se trots is weereens op die sportveld bevestig met die nuus dat Sebastian Gouws gekies is om die Vrystaat in die o.16-muurbalspan te verteenwoordig. Dié talentvolle jong leerder sal vanaf Saterdag, 27 Junie tot Woensdag, 2 Julie 2025 deelneem aan die Interprovinsiale Muurbaltoernooi. Hierdie toernooi is ‘n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse junior muurbalkalender.
Sebastian se toewyding, uithouvermoë en passie vir die sport is duidelik sigbaar op en van die baan af. Sy prestasie is nie net ’n groot persoonlike mylpaal nie, maar ook ’n inspirasie vir elke Fichie wat droom van uitnemendheid.
Die hele Fichardtpark-familie staan vierkantig agter jou, Sebastian – ons glo in jou en ons weet jy gaan die Vrystaat met trots verteenwoordig!
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









