ATKV Redenaarskompetisie. Vier van Hoërskool De Aar se redenaars het na afloop van die eerste rondte van die ATKV se redenaarskompetisie, deurgedring na die semi-finale rondte. Hier gaan hulle te staan kom teen die heel beste redenaars in die Noord-Kaap.
Al vier hierdie sprekers het uitstekende replieke van die beoordelaars ontvang en die skool wens hulle alle sukses toe met die semi-finale.
Die vier redenaars is:
- Marco de Carvalho
- Adriano de Carvalho
- Alda Augustyn
- Shanen Koen
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf











