Wildeklawer Netbal uitslae. Die Affies se 1ste netbalspan het hul staal gewys tydens die Wildeklawer-Netbal toernooi deur ses strawwe groepswedstryde te speel. Hulle behaal vier indrukwekkende oorwinnings teen Shaymoya, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Stellenberg en Potchefstroom Gimnasium. Hoewel hulle met slegs vier punte onderskeidelik teen Paarl Gimnasium en Helpmekaar Kollege verloor het, het die span hul veggees behou. In die semi-finaal het hulle oortuigend met 13 punte teen La Rochelle Girls’ High School, Paarl, geseëvier.
In die eindstryd vir die 5de en 6de plek moes hulle die knie voor Sekondêre Meisieskool Oranje van Bloemfontein buig met ‘n noue telling van 28–25.
Die 016 A-span het ook goed gevaar. Hulle wen vyf van hul ses groepswedstryde, met ‘n noue verloor van slegs twee punte teen Hoërskool Monument.
In die semi-finaal teen Helpmekaar het dit weereens op ‘n mespunt afgeloop, maar hulle verloor 25–27. In hul laaste wedstryd het hulle egter sterk teruggekom en Monument met 29–24 geklop om ’n welverdiende bronsmedalje los te slaan.
’n Toernooi vol trots, vasberadenheid en Affie-gees!

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








