Midmarmyl swemmers – OMS het geskitter met agt swemmers wat tydens die Midmarmyl verlede Sondag in die top 50 in die ouderdomsgroep 14-30 geëïndig het. Daar was 902 swemmers in dié ouderdomsgroep.
Twee Oranjeniete het in die top 10 vir swemmers 13 jaar en jonger klaargemaak.
’n Totaal van 133 leerders het ingeskryf. Die naweek na KwaZulu-Natal is ook ’n sosiale uitstappie en ’n groot hoogtepunt vir die meisies.
Die uitslae van die OMS Midmarmyl swemmers tussen die ouderdom 14-30 jaar is:
- 24ste – Kate-Lynn de Jager (24:28)
- 26ste – Meandri de Vos (24:38)
- 30ste – Lize-Marié Kruger (24:48)
- 36ste – Francis Whelan (25:05)
- 39ste – Emma Pretorius (25:23)
- 40ste – Caileigh de Beer (25:25)
- 41ste – Marné van Rensburg (25:25)
- 44ste – Jana Helmand (25:29)
Uitslae van twee swemmers 13 jaar en jonger:
- 6de – Ashleigh de Jager (24:28)
- 9de – Leandi Prinsloo (24:51)
Oranje wen ook die skole-afdeling vir meisies.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








