Baie geluk aan die leerders van Laerskool Outeniqua in George, wat Saterdag deelgeneem het aan die Design for Work – Koekversierprojek. Die leerders het met groot entoesiasme hul koeke versier en selfs die voltooide koeke geskenk aan Tyholora Primêr en Hibernia. Hulle was voorwaar sterre en is geprys vir hul positiewe houding. Hulle wen vir hul skool ses baba spekbome. Ons is trots op julle!
Links: Leeanda Jako, Allana Jacobs, Mandi van Rooyen, Lallie van Blerk
Regs: Willow Krige, Charley Williams, Mariska Bedeker, Caro Giliomee