)

Nelsies se Ma- en dogtertee ‘n groot sukses

Saterdag, 14 Oktober 2017, het die dogterskoshuis van Hoërskool Ermelo, Nelstehuis se jaarlikse Ma- en dogtertee plaasgevind.

Hierdie pragtige funksie is op die verhoog van die Ouditorium van Hoërskool Ermelo aangebied. Hykie Berg, bekende akteur, was die gasspreker by die geleentheid.

Die Ma- en dogtertee het vyf jaar gelede `n nederige begin gehad. Die eerste tee is aangebied in Nelstehuis se eetsaal en daar was 80 gaste. Hierdie funksie het elke jaar van krag tot krag gegroei en Saterdag was daar 300 gaste deel van hierdie spesiale geleentheid!

Die graad 10-dogters het saam met hulle ma’s die funksie beplan en baie hard gewerk. Die tafels was keurig gedek en die eetgoed was uit ‘n ander wêreld.

Elke gas moes skryfbehoeftes saambring en daar is heelwat ingesamel. Hierdie skryfbehoeftes word versprei na behoeftige leerders en ons hoop om so kinderharte te verbly.

Hykie het die gaste se aandag deurentyd vasgevang en veral twee waarhede in die gehoor se geheue gebrand: daar is altyd hoop en elke mens moet ‘n droom hê.

Dankie aan almal wat hierdie funksie ondersteun het en aan al die beplanning wat deur die ouers, kinders en moeders tot ‘n uitbundige sukses gelei het.

Foto hierbo: Nelstehuis se graad 10-groep saam met Hykie Berg (heelvoor)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal