Sewe redenaars van HoĆ«rskoolĀ Nelspruit het tydens die Radikale Redenaars se nasionale finaal op 14 Oktober 2017 ‘n hond uit ‘n bos gepraat.
Gerhard van der Merwe (foto links) in graad 11 wen twee nasionale eerste plekke vir sy tweetaligheidstoespraak en vir prosa lees.
DantĆ© van der WesthuizenĀ in graad 9 (foto links) ewenaar hierdie prestasie met sy twee nasionale eerste plekke vir sy Engelse Eksperimentele toespraak en vir prosa lees.
Die bekkige drieling boeties in graad 8, Wentzel, Franco en Janu Erasmus, (foto heel bo), wen ‘n nasionale tweede plek met hul uiters vermaaklike eksperimentele spanredenaars.Ā Hulle moes die knie buig voor Afrikaans HoĆ«r Meisies Pretoria.
Teneil le Roux (graad 8) en AnƩ Davey (graad 9) het ook deelgeneem aan die finale rondte.
Juffrou Magda van der Merwe, organiseerder van die redenaars en debat by NHS sĆŖ:Ā “Die Nellies het ‘n besonderse goeie redenaarsjaar gehad.Ā Vier leerders, Wehan Viljoen, Gerhard van der Merwe, Ernst Pieterse en Milda van Dyk, was ATKV Redenaars Mpumalanga-wenners en het aan die ATKV se nasionale ronde deelgeneem. Ernst Pieterse in graad 9 het nasionaal vierde geĆ«indig in die kompetisie se junior onvoorbereide afdeling.Ā Ons sien daarna uit om volgende jaar nog hoĆ«r hoogtes te bereik.”
Nellies Rock!