)

Zabies word verwelkom by Hoërskool Cradock

NIL NISI NITENDO, “Niks sonder moeite moontlik”. Hierdie leuse van Hoërskool Cradock is ook van toepassing op nuwe leerders wat in 2018 hul hoërskoolloopbaan by CHS begin.

Die Zabies (baba Kwaggas) van 2018 het op Woensdag met groot oë die CHS skoolsaal ingestap, ten aanskoue van die res van Hoërskool Cradock se leerders.  Aangetrek in hul sirkus-temadrag het die nuwelinge hul plek ingeneem as die jongste lede van die Kwagga-familie.

Die eerste paar dae het baie voorbereiding gevra en was maar senutergend, met klasnommers, personeelname, ‘n trio van liedere asook die name van elke “Monsieur” en “Mademoiselle” matrikulant wat geleer (en onthou) moes word.  Daar is ook begin oefen aan die jaarlikse graad 8 konsert wat plaasvind op 29 Januarie 2017.  Die graad 8-leerders het egter vinnig gewys dat hulle nie bang is om deel te neem en saam te lag nie.  Daar wag ‘n blink toekoms op hierdie groep leerders as hulle ook hul pligte en verantwoordelikhede met dieselfde oorgawe aanpak as wat hulle hul oriëntasie baasraak.

Knap gedaan Zabies, ons hou van die gesindheid waarmee julle hierdie nuwe hoofstuk in jul lewe aanpak.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal