)

Kwaggas woon Kringleierskamp by

Hoërskool Cradock se One-Way kringleiers het vanaf 19 tot 21 Januarie 2017 ‘n opleidingskamp net buite Rouxville bygewoon. Die kamp is deur die VCSV se Oos-Kaap tak aangebied.  Die programleiers was baie entoesiasties en kenners op die gebied van kringleieropleiding.

Die leerders het onder andere geleer hoe om kringe te lei, fasilitering toe te pas en hoe om hulle mede leerders te ondersteun. Schoonspruit Christian School en Aliwal-Noord Hoërskool se kringleiers het ook die kamp bygewoon en saam met die groepe ‘n uitreik na die informele nedersetting gehou waar die hulle met kinders vanuit die gemeenskap gespeel het.  Hulle het ook ‘n spesiale teksgedeelte vir die gemeenskap gebring vir die inwoners gebid.

Cradock Hoërskool is opgewonde oor die impak wat hierdie kringleiers in die skoolgemeenskap gaan hê en wens hulle sterkte toe met die jaar wat voorlê.  ‘n Groot woord van dank gaan ook aan Mnr. Manie Nagel wat al sedert 2005 die leerders op VCSV kampe vergesel.

Op die foto bo:

Leerders van CHS, Schoonspuit Christian School en Aliwal_Noord Hoërskool het die afgelope naweek ‘n kringleierskamp buite Rouxville bygewoon.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal