HoĆ«rskool Cradock se One-Way kringleiers het vanaf 19 tot 21 Januarie 2017 ‘n opleidingskamp net buite Rouxville bygewoon. Die kamp is deur die VCSV se Oos-Kaap tak aangebied.Ā Die programleiers was baie entoesiasties en kenners op die gebied van kringleieropleiding.
Die leerders het onder andere geleer hoe om kringe te lei, fasilitering toe te pas en hoe om hulle mede leerders te ondersteun. Schoonspruit Christian School en Aliwal-Noord HoĆ«rskool se kringleiers het ook die kamp bygewoon en saam met die groepe ān uitreik na die informele nedersetting gehou waar die hulle met kinders vanuit die gemeenskap gespeel het.Ā Hulle het ook ‘n spesiale teksgedeelte vir die gemeenskap gebring vir die inwoners gebid.
Cradock HoĆ«rskool is opgewonde oor die impak wat hierdie kringleiers in die skoolgemeenskap gaan hĆŖ en wens hulle sterkte toe met die jaar wat voorlĆŖ.Ā ān Groot woord van dank gaan ook aan Mnr. Manie Nagel wat al sedert 2005 die leerders op VCSV kampe vergesel.
Op die foto bo:
Leerders van CHS, Schoonspuit Christian School en Aliwal_Noord HoĆ«rskool het die afgelope naweek ān kringleierskamp buite Rouxville bygewoon.