Baie geluk aan Lindsay en David Best wat op 24 September deelgeneem het aan die SA Klub Kampioenskappe te Hartenbos. Hulle presteer baie goed en verower die volgende medaljes.
LINDSAY BEST
500W Premier Brons
540W Premier Brons
580 mix President Brons
DAVID BEST
720 Premier Brons
560 Premier Silwer
580 Mix President Brons
Op 7 November vind die Wes-Kaap Kampioenskappe op Robertson plaas en op 21 November vind die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe by Helderberg Toutrek Klub in die Strand plaas.
Worcester Gimnasium is baie trots op julle uitstekende uitslae. Ons wens julle baie sterkte toe met die voorbereiding vir die volgende kompetisies en weet julle gaan die Bosvarke se naam hoog hou.