Die Skoolhoofprys van Worcester Gimnasium word toegeken aan ‘n graad 12-leerder wat indruk gemaak het met sy/haar betrokkenheid, gees, omgee, vriendelikheid, hulpvaardigheid en deursettingsvermoë, sonder om iets terug te verwag. Hierdie toekenning word vanjaar gedeel deur CAVIN MYBURGH en NELIA MARS. Terwyl dinge nog normaal was het Cavin homself onderskei met sy absolute toegewydheid met enige projek waarby hy betrokke was. Asof die pandemie nie ons lewens genoeg beïnvloed het nie, moes Nelia ook baie ernstige en pynlike persoonlike ervaringe trotseer. Sy ontvang hierdie toekenning vir die inspirasie wat sy vir ons almal is.
Baie geluk Cavin en Nelia. Julle is voorwaar ‘n inspirasie vir elke Bosvark.